Thursday 27 July 2017

When we are weak.

We all have those days where we want to re-revolutionize every area of our life, your business, our work and for many – their marriages. At many times we feel so hopeless or frustrated. It is then when we allow Satan to start with his lies again – tweeting in and around our ears.

In my personal life I have been, and are still struggling with “patience.” Believe me, I get tested every day. Every time I start to get going with something there is always something happening that slows me down. Wait and wait and wait. It is during this “waiting” time that the testing of my patience starts. I really do not like it. And you know what gets to me on all of this . . . God knows it. He knows my ability to be patient stretches me. He knows I get frustrated, cross and sometimes losing interest again on what I was busy with.

But I am learning that it is then, at that specific moment when the tweeting of the lies want’s to start whispering in my ears and stirring up my emotions . . . that is the time and moment God wants me to pick up the Bible and spend time with Him, at that very moment when I am weak.


The Bible is a book of treasures. The Apostle Paul calls it “the unsearchable riches of God.” In Scripture there are three priceless treasures - The treasure of FAITH, The treasure of HOPE and more importantly, The treasure of LOVE. Find those treasures from God for you. You will find these treasures when you feel at your weakest. Trust me, it is worth doing it instead of sitting back and let millions of questions and uncertainties run through your mind.


Pick up your Bible, it is God’s hand stretching out to you.

Tuesday 25 July 2017

Nuusbrief Julie 2017


 
Ons geniet die monsoon rëens op die oomblik.  Die aand temperatuur daal bietjie na so 32grade en dan natuurlik lê al die groen ryslande rondom mens.  Van die ryslande lyk soos ‘n sagte groen dik wolkombers.  In jou verbeelding sien jy net hoe jy heerlik daarop snoesig lê en rondrol.  God se skepping “whoo” mens elke oomblik.
Tyd vlieg darem.  Teen Desember sal ons al vier jaar hier in Kanthararom wees.  Ons sit nou die dag en dink hoe dit was toe ons hier aangekom het – rou - rou en elkeen met net twee tasse vol klere.  Om die werklikheid van “sendingveld” te beleef het eers twee maande later begin toe ons ons heel eerste verlorenes by ons huisie gehad het. 
Agt kindertjies het hier in ons huisie gesit die oggend en ons het mekaar aangestaar en bekyk.  Intussen het die agt kinders ouer en meer geword.  En van hier af het dinge net begin vloei.  God het ons na plekke en individue geneem waar ons nooit in ons wildste drome dink ons sou beleef of gesien het nie.  Glorie tye, hartseer tye en meer.  Maar die lekkerste lekker is om te weet en te sien dat God aan die werk is.
 
Ons het hierdie jaar meer kerke opgesoek in ons provinsie.  Ons het verhoudinge met verskeie kerke hier waar ons gaan kuier en ook hul Sondag dienste bywoon.  Ons het nuwe kerke sien opkom en dan ook gesien waar ‘n kerk ontbind het. 
Onthou dat kerke oor die algemeen maar klein is hier (tussen 7-12 mense.)  Maar ons is dankbaar om verhoudinge met die kerke te hê en hulle te help waar ons kan en hoe ons kan.
 
Ons is mos nog in die proses om ‘n junior sokkerspannetjie hier in Kanthararom op die been te bring.  Aanvanklik het ons gedink om sommer net ‘n groepie seuns bymekaar te maak en “wala” daar is ons span. 
Maar ons het vining agtergekom dat God ander planne of ‘n ander manier van werk het.  Ons is genoodsaak om geduldig te wees tot Hy vir ons uitwys watter seuns ons moet vat en nie.  Ons het ses seuns op die oomblik.  Vir die junior spannetjie kort ons nege spelers.  Intussen neem ons die seuns elke tweede naweek na die Sisaket Football Academy toe waar hulle afrigting ontvang.  Die seuns geniet dit so baie dat hulle al 08:00vm op ‘n sokker dag aan ons deur kom klop . . . en ons ry eers 13:45nm.  Huidiglik is daar een Christen seuntjie in ons span en ons weet wat sy taak sal wees.
 
 
Ons maandelikse besoeke aan ons mede Suid Afrikaanse broers en susters wat in Bangkok in Khlom Prem tronk is was die afgelope tyd baie emosioneel.  Een van die mans in die tronk se seun het vir hom kom kuier vanuit SA.  Ons het alles gereël sonder dat sy pa geweet het sy seun kom kuier. Ons het bystand gegee vir die week wat sy seun hier was in Bangkok. Dit was die eerste keer in amper ses jaar dat pa en seun mekaar weer gesien het . . . en dit deur ‘n vuil venster en tralies waar hulle per telefoon met mekaar praat.  Die moment toe sy pa sien dit is sy seun . . . daardie oomblik kan nie beskryf word nie.  Vergifnis – versoening en liefde was al wat hulle twee omring het. 
Aan die einde van die week het die seun gesê hy verstaan en sien God se groter plan met sy pa se lewe, ek dit het vir hom as seun vrede gegee – en dit alleen was ongelooflik gewees.  Net God se genade en liefde het hulle twee gedra daardie week.  Niks anders nie.  Met die ander individue gaan dit goed.  Hul studies vorder mooi en God se kerk word al sterker en sterker daar in die tronk.  Prys die Here hiervoor.
Elke Vrydag oggend hou ek (Andre) Bybelstudie in ons plaaslike mark.  Aan die begin was ek skrikkerig maar na vier maande staan ons net in ongeloof.  Ons het begin met drie mense en nou is ons al agt wat elke week opdaag.  Die mark is mos oop en mense loop verby ons stalletjie, stop en loer wat ons doen. 
Sommiges staan vir solank as ‘n halfuur en luister.  Wat gelooflik is is die vrae wat hulle vra oor die onderwerp waarmee ons besig is.  Ons raak opgewonde oor die vrae want ons weet die Heilge Gees is aan die werk.  Huidiglik is ons drie Christene, twee Katolieke en vyf Buddhiste wat weekliks Bybelstudie doen.  Ons kan maar net die saad plant en kyk hoe God dit laat groei.
Vriende ons is op tuisbesoek in SA DV vanaf 27 Oktober 2017 tot die eerste week in Januarie 2018.  Ons weet dit is nog vroeg maar tyd vlieg so vining verby. 
Ons will julle vra om ons per epos of whatsapp te kontak sou julle behoeftes het dat ons “formele” besoeke moet aflê November maand.  Hierby verwys ons na klein groepe, dames groepe, kerkdienste ens.  Ons weet baie mense gaan met vakansie oor die Desember tydperk dus sal ons voorbereid wees om November maand hard te werk om afsprake na te kom.

 
Gebedsversoeke:
·         Bid saam met ons vir die voorsiening van ons vlugkaartjies terug Thailand toe begin Januarie 2018.  Vlugkaarjies is maar ‘n groot uitgawe en ons het julle hulp nodig vir gebed hiervoor. (R19500 vir beide van ons)
·         Bid saam vir verblyf en vervoer vir wanneer ons in SA is tydens ons tuisbesoek.
·         Bid saam vir finansiële bydraes tot ons bediening hier in Kanthararom wat meer en meer uitbrei. 
Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder - Frontida Outreach
Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.  
Die Here van die oeste seën elkeen van julle ryklik.
Liefde
André & Marina Olivier

Thursday 20 July 2017

Activity at Ban Klaneam School 19 July 2017

We had fun with the kids engaging with songs, games and activities for the morning.  Obviously the kids enjoy it too.  This type of activity also helps the children to engage into activities with us with more easiness and comfort.  Thai children, especially in the Isaan, are very shy to speak to foreigners, especially if they must try to speak English.  It builds trust as well.  The kids can see and feel that we care for them.