Sunday 5 February 2017

Puzzle day at Ban Makrud School Grade 5-7 2 February 2017

Puzzle building time with these special kids.  They enjoy it so much even if they still struggle with it. Puzzle building helps with physical skills (holding puzzle pieces and turning them until they fit), cognitive skills (as they solve the problems of the puzzle) and emotional skills (they learn patience and are rewarded when they complete the puzzle).









Ban Makrud School Grade 1-4 2 February 2017

Spending time with this special bunch of students is a privilege. Today we learned about colours, numbers and different animals while having fun. They are such quick learners. We also played ball to develop some much needed skills. Caring through sharing.









Wednesday 1 February 2017

University - 1 February 2017

Was a blessed morning at Sisaket Rajaphat University.  This semester is all about restaurant and service teaching for the English Major 3rd year Students.










Ban Kaneam School - 31 January 2017

Amassing Thailand - most probably the number one nation on earth of "selfies" taken but when it comes down too that you want to take a photo of the kids for yourself then they are always shy - ha ha




Lunch time at Banklaneam School



Frontida Outreach - Nuusbrief Januarie 2017


Beste Vrinne,

Soos die tyd vlieg, so voel dit ook of die dae korter word . . . en so word ons tyd hier op aarde ook minder want ons Here Jesus Christus is oppad.  Die vraag is net – “het jy al jou hart en hele wese aan Jesus Christus oorgegee?” . . . Tyd is nie gister, of later vandag of more nie.  TYD IS NOU.
 
So gepraat van tyd – Frontida Outreach dien al 3 jaar hier in Kanthararom.  Om te dink ons het net elkeen met ‘n tas klere hier aangekom, rou, geen ondervinding, bang . . . maar honger genoeg om die Evangelie te kom deel aan die onbereiktes.  God seën en bederf ons met ‘n bediening wat gegroei het van niks tot waar ons vandag staan.  GOD IS AMAZING.

Ons het werklikwaar verskeie geseënde Kersfees uitreike gehad hier in Kanthararom.  Soveel onbereiktes kon die waarheid rondom Kersfees aanhoor en beleef.  Daar het ook wonderlike getuienisse ontstaan onder andere waar Ban Makrud Village ons meegedeel het dat wanneer ons enige “programme” van watter aard ookal aanbied, sal hulle die kinders en mense van die Village bring om dit by te woon.  Nou ja, so weet ons die Heilge Gees is aan die werk en ons loof en prys God hiervoor.
 
Sewe jong dames van die “World Race” sending organisasie (6 van Amerika en 1 van Switzerland) het ook tyd hier in Kanthararom spandeer saam met ons.  Hulle kon uitreik na al drie skole waar ons bedien sowel as baie tyd met die Frontida Kids spandeer.  Ons was so bevoorreg om hulle hier te kon hê en ons sien uit daarna dat “World Race” in die toekoms nog vele uitreikspanne na Frontida toe sal stuur.
 
By die universiteit gaan dit baie goed.  Sterke verhoudinge met studente is besig aan die gebeur.  Na elke klas nooi ek so paar student uit vir ‘n koppie koffie by ‘n koffiewinkel.  Dit is ‘n ideale tyd om die studente van nader te leer ken en sodoende verhoudinge te bou. 
 
Die “Van Tonder”  gesin van Bergsig gemeente in Dubanville het in Januarie vir 5 dae by ons kom kuier.  Ons het baie lekker saam gekuier en hulle meer van ons wêreld en bediening gewys waarmee ons tans besig is mee.  Hulle was hier op vakansie maar wou ook meer van ons bediening sien.  Ziggy en Charisse Le Roux van die Paarl het in dieselfde tyd ook vir ons kom kuier.  Ons was so bederf om hulle almal in dieselfde tyd hier te kon huisves en saam tyd spandeer.  Ons het ‘n “huiskerk” gehou die Sondag oggend en die Heilige Gees het soveel leiding en bevestigings vir ons gegee tydens ons fellowship die Sondag oggend..  Ons is so opgewonde oor wat gaan kom en gebeur hier in Kanthararom.
 
Ons is opgewonde oor ons jeug sokker projek.  Ban Makrud skool het net 7 seuns in die skool en hulle wil so graag sokker speel.  Ons is besig om ‘n klein sokkerspannetjie bymekaar te sit dat die kinders kanse kan kry om sokker te speel.  Dit was nog net ‘n gedagte gewees toe een van ons vriendinne ons gedagte gedeel het met ‘n ander vriendin van haar, en die toe ons storie en gedagte gedeel het met ‘n sokker organisasie in Engeland wat sokker na “minderbevoorregte” gemeenskappe bring.  Die organisasie, Guy Mascolo Football Charity in Engeland het onmiddelik vir ons 10 junior sokkerballe gestuur.  Prys die Here vir Sy voorsiening en omgee.

Twee uitreikspanne kom besoek Frontida gedurende Februarie 2017. Ons is in afwagting om saam met hulle God se plan met die besoeke te beleef. Ellen & Johann Oosthuizen en Ida en Klasie van Heerden besoek ons die 2de week van Februarie en Elze Radyn & Seline Kasner arriveer 22 Februarie in Kanthararom.




Gebedsversoeke:

·         Bid asseblief dat ons altyd God se wil sal raaksien in en vir ons bediening.
·         Bid asseblief vir aanhoudende versterking van verhoudinge by Sisaket Rajahbat Universiteit.
·         Bid asseblief dat ons die stem van die Heilige Gees sal hoor en gehoorsaam sal wees aan Sy opdragte.
·         Bid asseblief dat ABBA Vader ons finansiele behoeftes vir ons bediening sal voorsien volgens Sy wil.

Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder - FRONTIDA OUTREACH

Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.   Indien julle finansiële ondersteuning vir ons bediening wil doen, kan julle vir ons n epos stuur na frontidaoutreach@gmail.com en ons sal Frontida Outreach se bankbbesonderhede vir jou aanstuur

Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.


Liefde

André & Marina Olivier