Thursday 14 July 2016

Frontida Outreach making a difference - 14 July 2016

 
Bankhlo School -Grade 3


 
Bankaneam School - Grade 6



 
  4 Musketeers Frontida Kids
 
 
Bankaneam School - Grade 1



Monday 11 July 2016

Frontida Outreach Nuusbrief Julie 2016

In Matteus 9:2 lees ons . . . “Jesus het hulle geloof gesien” . . . 
Jesus het dit nie net ervaar of beleef nie, maar gesien.  Dit het my en Marina diep aangeraak om elke dag onsself eers in die oë te kyk voor ander na ons kyk.

 

Ban Frontida . . .

 

Ons kan net op ons knieë bly en vir God dankie sê vir Sy voorsiening op Sy tyd vir al ons benodighede.  Dit is so wonderlik om te ervaar hoe God, Ban Frontida stukkie vir stukkie aanmekaar sit vir Sy gebruik.  Ons bestuur en onderhou dit net, maar dit is God alleen wat alles laat gebeur.  Ons het begin om saam ons Kanthararom gemeentetjie hier Praise & Worship aande te hou in Ban Frontida en binnekort begin ons om verskeie werkswinkels, opleiding en basiese Engelse klasse aan te bied.  En ons wag in afwagting vir die nog baie uitreike spanne om te kom in God se tyd. Die Frontida kinders geniet natuurlik die huis met sy spasie en veilige omgewing vir hulle om in te wees.  Ons moet net keer dat hulle net nie hulle klere saam bring om permanent hier te kom bly nie.  Hulle wil net oorslaap maar ons sal ‘n “sleep over” reël in tyd wat kom.

Frontida Kids / Skool Bediening . . .


  
Die kinders raak nou rerig oulik en soos hulle groter word, kom hulle persoonlikhede ook sterker na vore.  Dit is wonderlik om elkeen van hulle te sien groei in hul eie milleu.  Ons ontdek “verskuilde” talente en gawes van elkeen soos die tyd saam met hulle aanstap.  Soms kan die seuns ook maar lekker stout wees (soos dit moet wees) maar ons geniet hulle nogsteeds ten spyte daarvan. Opvallend hoe hier altyd n geraas is tydens aktiwiteite, maar wanneer dit gebedstyd is dan is die kinders tjoepstil en kan ons tasbaar voel hoe Heilige Gees in hulle harte werk.
Ons bediening in twee plaaslike skole gaan ook van krag tot krag. As die onderwyseresse hulle sin kry sal hulle Marina elke dag daar wil hê om ‘klassie’ te gee.

Marina moes so 3weke gelede voor n uitgesoekte gehoor wat bestaan het uit oa die CEO van onderwys vir die Isaan streek, die volgende vraag beantwoord ‘Why are your classes so different and why do the students obey you’ Haar antwoord was: ‘I teach them through  the love of God in my heart’

 
Uitreike besoek vanuit Suid Afrika . . . 


‘n Uitreik span vanuit Bergsig gemeente, Durbanville het vanaf 26 Junie – 6 Julie saam ons gekuier.  Vir die eerste vier dae was hulle hier by ons in Kanthararom gewees en het hulle by Ban Frontida tuis gegaan.  Ons het ook saam met hulle Bangkok, Chiang Mai en Chiang Rai besoek.  Dit was ‘n Geesvervulde tyd vir ons almal gewees en ons het dit werklik baie waardeer dat hulle kom uitreik het hier in Thailand.  Daar is heelwat getuienisse om te deel in tyd van waar hulle orals was en bedien het. n Foto weergawe van die uitreik sal binnekort op ons FB blad Frontida Outreach en op ons blog frontidathailand.blogspot.com verskyn.

 
Oswald Opperman het nie saam met die span terug vertrek na Suid Afrika nie. Hy het agtergebly om verder uit te reik in ChiangMai en Kanthararom. Oswald sluit weer vanaf 13 Julie tot 21 Julie aan by ons hier in Kanthararom.

Imagine Jeug Beweging  . . .

 


Baie van julle weet of is bewus van die Imagine Jeug beweging in Suid Afrika.  Ons is so opgewonde om in venootskap te wees saam met Imagine en Frontida Outreach gaan die eerste Internasionale Imagine Jeug kamp aanbied hier in Kanthararom, ons tuisdorp.  Ons is alreeds aan die voorberei vir die kamp wat gehou sal word van 10 – 12 Desember 2016.  Beplanning en meer is alreeds op die tafel vir die kamp en ons sien regtig uit daarna.

 
Maandelikse Tronk bediening . . .

 


Met “Jan” en ‘Koos” gaan dit goed hier.  Die twee gaan maar voort met hulle daaglikse lewe hier in die tronk.  God is werklik besig in elkeen van hulle se harte waar Hy besig is om hul lewens te verander vir Sy Koninkryk.  Dit is ‘on’gelooflik om te ervaar en te sien hoe God elkeen gebruik om die evangelie te verkondig daar waar hulle is.  Daar is wonderlike getuienisse alreeds so oor tyd.  Aan God al die eer vir dit.
Marina gaan ook stadig aan (van Augustus af) begin uitreik na van die Suid Afrikaanse dames wat hier in die tronk is.  Huideglik is daar sewe van hulle hier.  Meer nuus rondom dit sal later gedeel word maar ons vra dat julle vir Marina asseblief sal opdra in julle gebede dat God se wil sal geskied tydens haar besoeke/uitreik aan die dames.

 
Vervoer(motor) vir Frontida Outreach…..

Wonderlike gelooflike nuus volg spoedig. Ons dien n God van voorsiening,  binne Sy tyd,  binne Sy plan, binne Sy wil. Amen

 
Gebedsversoeke:

 


•Bid asseblief vir die Imagine Jeugkamp wat in Desember 2016 gaan plaasvind.  Ons bid dat God se wil sal geskied vir die kamp.
•Bid asseblief vir elkeen van die SA uitreik spanlede dat hulle persoonlike getuienisse oor hulle ervaring mense se hart sal aanraak vir die onbereiktes hier in Thailand.
•Bid vir die Suid Afrikaanse gevangenisse hier in Thailand wat in moeilike omstandighede in n vreemde land en kultuur moet ‘oor’leef.
•Bid vir Frontida Outreach se kinderbediening dat elke kind sal opstaan en in God se tyd voetsoldaatjies vir Hom sal word.
•Bid vir Ban Frontida en Frontida Outreach se projekte dat voorsiening sal gebeur in God se perfekte tyd.

Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder – Frontida Outreach.
 

Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.   Indien julle finansiële ondersteuning vir ons bediening wil doen, kan julle ons kontak via epos by Frontidaoutreach@gmail.com vir Frontida Outreach se bankbesonderhede.

Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.

 Liefde

André & Marina Olivier