Sunday 1 November 2015

Oktober 2015 nuusbrief - 2 November 2015

Filippense 2:5 – “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was” . . . mens kan soveel aanheg en uitbrei rondom die teksvers.  Aan die einde van die dag kan ek nie anders as om jou aan te moedig om Jesus se gesindheid in Sy Woord te ondersoek nie.

 
Wat ‘n gelooflike maand was dit nie gewees nie.  NP van Wyk Louw het geskryf: “Oktober, die mooiste mooiste maand.”   Wel, ons sê weer: “Oktober, die besigste besigste maand.”  En was dit ook nie ‘n mooi maand daarby nie!!
Johann en Edna van Tonder het by ons kom kuier vir drie dae.  Hoe lekker was dit nie om ‘familie’ hier te kon hê en ons stukkie paradys met hulle te kon deel nie.   Hulle kon van ons Frontida kinders ontmoet en met hulle speel en interaksie hê.  Hulle het ook  geleentheid gehad om die twee skole waarby ons betrokke is te kon sien en beleef.  Die Sondag oggend was verseker ook n hoogte punt to Johann seënwense van Bergsig gemeente kon oordra aan die One Body of Christ gemeente hier in Sisaket. Dit was voorwaar n aangrypende oomblik.  Ons prys die Here dat hulle kon kom kuier het en sien uit na hulle volgende besoek.

 
Art en Fon is twee YWAM lede wat ook ‘n passie het vir kinders.  Hulle het hul eerste “Chillie Kids Camp” gehou wat ‘n reuse sukses was.  Ses en twintig kinders tussen die ouderdom van 10 – 15 jaar het dit bygewoon.  Twee van Frontida se kinders, drie kinders  en een onderwyseres van Bankhlo Skool  het saam met ons die kamp meegemaak.  Tydens die kamp leer die kinders van wie en wat God is asook elkeen se identiteit in God.  Nie een van die vyf kinders wat ons saamgeneem het is Christene nie (onderwyseres ook nie) maar ons weet  Heilige Gees is aan die werk met hulle.  Die kamp was ‘n reuse sukses en die kinders (en groot mense) het dit verskriklik geniet.  Soveel so dat die kinders wat saam ons was net wil weet wanneer die volgende kamp is.  Daar is soveel getuienisse om te deel oor die naweek.  Prys die Here vir die kamp waar Sy Naam verheerlik is.


 Die YWAM  Ubon DTS groep het ‘n hele week by ons gespandeer as deel van die studente se praktiese uitreik deel van hul opleiding/kursus.  Wat ‘n geseënde week was dit nie.  Die studente kon kans kry om deel te wees van ons bediening.  Hulle het onder andere met Frontida Kids gewerk, die plaaslike gemeente asook met die Frontida Kids se ouers.  Gebeds-mars vir ons dorp en omgewing is ook gedoen.  Hulle het ook geleentheid gehad om verskeie individue met wie ons persoonlike verhoudinge bou te ontmoet en bedien.  Een dag was afgestaan om ‘n ouerige Thai ‘oom’ se huis en erf te kon skoonmaak om so Jesus se liefde en omgee vir die gemeenskap te wys.

 


Dit gaan al beter met Marina se rug.  God is besig met genesing.  Alle eer aan God die Vader ons groot Geneesheer. 
‘n Besige en opwindende tydjie lê  vir ons voor vir November en Desember.  Ons het egter hulp nodig om die onderstaande beoogde projekte moontlik sal maak:
Kersfees kinder-skoenboks projek:
Ons beoog om soveel moontlik Kanthararom kinders elk met n skoenboks/geskenk te 'bederf' hierdie komende kersfees tyd.  Die geskenk sal nie net n persoonlike bederf insluit nie, maar sal ook geestelike materiaal  bevat.  Die kostes verbonde aan 1 skoenboks/geskenk beloop R60.  Indien God dit op jou hart lê om finansieel by te wil dra vir hierdie projek kan bydraes aan ondergenoemde bankrekening gemaak word met verwysing - Kinders Kers
Kersfees gesin-kartonboks projek:
Ons beoog om soveel moontlik behoeftige gesinne  in ons village te “bless” met n kartonboks vol nie-bederfbare produkte hierdie komende kersfees tyd.  Geestelike material sal ook ingesluit word.  Die kostes verbonde aan 1 karton boks/geskenk beloop R150. Indien God dit op jou hart lê om finansieel by te wil dra vir hierdie projek kan bydraes aan ondergenoemde bankrekening gemaak word met verwysing – Gesin Kers.
 
Tuis besoek projek:
Ons wil graag einde 28 Februarie 2016 tot einde April 2016 weer tuisbesoek  aglê in Suid Afrika.  Twee vlug retoerkaartjies beloop tans R29 890.00.  Ons benodig nog R22 000 om kaartjies te kan koop vir die beoogde besoek.  Indien God dit op jou hart lê om finansieel by te wil dra vir hierdie projek kan bydraes aan ondergenoemde bankrekening gemaak word met verwysing – Vlieg SA
Gebedsversoeke:
                Bid assebblief vir voorsiening vir bogenoemde projekte.
                Vrinne, ons vertrou nogsteeds op God vir die motor/ekstra bedienibgs huis wat ons benodig.  
                Bid asb vir ekstra hande (langtermyn) en vir uitreikspanne om te kom help met ons bediening hier in Kanthararom.
                Bid asseblief vir die kinders hier by ons wat so n weerlose teiken is.  Bid asseblief  vir hulle veiligheid.
 Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder - FRONTIDA OUTREACH en ons blog –FRONTIDATHAILAND.BLOGSPOT.COM
Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.   Indien julle finansiële ondersteuning vir ons bediening wil doen, kan julle van die
Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.
Liefde groet

André & Marina Olivier
Bank besonderhede:
Frontida                                             
Capitec Bank                                             
Spaar rekening 1317286438                        
Tak kode 470010
Of vir Internationale Donasies
Andre Olivier
Bangkok Bank Public Company Limited
Savings account 4870604313
Swift code BKKBTHBK
 

No comments:

Post a Comment