Monday 7 December 2015

Frontida Outreach Nuusbrief - November 2015

Liefde – die enigste geneesmiddel wat daar is, die enigste troos, die enigste hoop.  God is liefde en wie nie vir God het nie, het nie  liefde nie, geen troos nie, geen hoop nie.  Waarin lê die persoon se heenkome dan?
 
Nou ja, net soos in die res van die wêreld “buzz” dit hier ook oor die kers-fees-seisoen wat voorlê.  Dit is ook natuurlik die begin van die hoë seisoen vir toeriste wat die koue Europa ontsnap vir die warm winter weer hier in Thailand.  Orals waar jy kyk is feestyd versierings  opgesit.  Menigte Buddhiste vier fees saam die res van die wêreld en daar is verskeie redes wat hul deurgee daarvoor.  Algemene rede is maar net om “partytjie” te hou en geskenke uit te deel.  Maar vir die wat weet waaroor “kersdag” gaan juig natuurlik in die waarheid en ware betekenis daarvan en ‘n “ander” opgewondenheid word ervaar.  Prys die Here dat Hy die groei laat plaasvind waar die saad alreeds gestrooi is.
 

 
Miaan Kramer (seun van Marina se suster) kuier vir die Desember hier by ons.  Ons is bevoorreg en opgewonde om hom hier by ons in Kanthararom  te hê.  Na sy eerste week doen hy goed met die aanpassing en leer van die kultuur en omgewing.  Alhoewel dit winter hier by ons is sê hy hy beleef dieselfde weer as Paarl op sy warmste in die somer.  Maar ons moet erken dat dit sover ‘n buitengewone warm winter is.  Die koeler weer (26grade) is seker nog oppad.  Ten minste geniet hy die heerlike Thai kos en verkies Tom Yum Kung bo braaivleis (glimlag)
 
 
Vriende, julle weet ons bid (en julle saam met ons) al ‘n jaar lank vir ‘n bedieningshuis.  God is so getrou en het drie weke gelede vir ons n huis  gegee.  Ons harte juig oor Ban Frontida (Ban is Thai vir huis).  Ons is besig met baie herstelwerk en skoonmaak aan die huis.  Die huis staan al vir vele jare leeg so julle kan julself indink hoe die stof en vuilheid en nog meer vassit daar. Ons is baie dankbaar vir ons vriende van YWAM Ubon en 3 Thai verwers wat kom hand bysit het met die verf van Ban Frontida.  Die Frontida kinders is natuurlik opgewonde want nou is daar baie meer spasie vir hulle om in te beweeg.  Die huis sal ook gebruik word om uitreikspanne te huisves wat ons  kom besoek en sal Ban Frontida ook as n basis vir YWAM uitreik spanne in Sisaket  provinsie gebruik word.

 


 



 
 
Ons kersfees skoenboks projek vir die kinders en families is nog op koers.  Ons hou kersrspartye  vir die gemeenskap op drie  geleenthede nl;  Saterdag 12 Desember, Saterdag 19 Desember en Sondag 20 Desember.  Ons sien uit daarna om die tyd saam met die kinders en hul families deur te bring en ons prys die Here dat Hy vir ons die voorreg gee om dit te kan doen hier onder die onbereiktes. Baie dankie vir die bedraes ten opsigte van hierdie projek (wat nou aansienlik uitgebrei het vanaf ons vorige nuusbrief) wat ons reeds ontvang het.
 
Gebedsversoeke:
  • Vrinne, ons vertrou nogsteeds op God vir die motor wat ons benodig.   Bid asseblief saam met ons vir God se voorsiening. Sy tyd nie ons tyd nie.
  • Die kersfees skoenboks projek het al redelik uitgebrei van ons oorspronklike idee wat ons gehad het.  Bid asseblief saam met ons vir nodige fondse wat benodig word om die drie geleenthede moontlik te maak.
  • Ban Frontida bring nuwe uitdaging as ook ekstra maandelikse uitgawes.  Bid  asseblief  saam met ons vir die nodige voorsiening nie net om die ekstra maandelikse uitgawe te dek nie maak ook om vir die aankoop van meubels en ander noodsaaklikhede vir die huis.
  • Bid asseblief vir my en Marina dat ons innerlike krag sal vol bly tot ons DV einde Februarie 2016 SA toe vertrek vir tuisbesoek.
  • Bid dat verhoudings wat ons reeds hier gebou het van krag tot krag sal gaan.

Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder - FRONTIDA OUTREACH en ons blog –FRONTIDATHAILAND.BLOGSPOT.COM
Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand. Indien julle finansiële ondersteuning vir ons bediening wil doen, kan julle van die onderstaande bankbesonderhede gebruik maak.
Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.
Liefde groete
 
André & Marina Olivier
 
Bankbesonderhede
Frontida
Capitec Bank                                             
Spaar rekening 1317286438                        
Takkode  470010
International donations:
Andre Olivier
Bangkok Bank Public Company Limited
Savings account 4870604313
Swift code BKKBTHBK
 
 
 

1 comment: