Monday 12 February 2018

Mooi stories leer ons diepe lessings - 11 February 2018

Ons diens by Kanthararom kerk was baie emosioneel en terselfdetyd ongelooflik mooi.  Nie net die Woord wat bedien was deur Tabisak nie maar ook die teenwoordigheid van Bom en Nong.  Hierdie egpaar is albei verlam van hulle middellyf af ondertoe en Nong het 'n verdere gestremdheid wat haar brein ook aantas.  Daar is derduisende mense wereldwyd wat kerk toe gaan met dieselfde gestremdheid maar verstaan hierdie storie in sy eie konteks.

Bom en Nong bly 25 km van Kanthararom af.  Bom het op sy eie die motorfiets se sy-karretjie ontwerp en gebou vir Nong se rolstoel om op te gaan.  Bom het ook self sy motorfiets verander sodat dit geskik is vir hom om te bestuur.  Selfs in die warm hitte en humiditeit hier, hou dit hierdie egpaar nie weg van die kerk af nie.  Wanneer hulle by die kerk aankom, help almal vir Nong af van die waentjie en stoot haar die kerk in.  Bom word dan afgelig van die motorfiets en ingedra kerk toe.

Baie kerkies hier het nie lugversorging nie en soms is dit baie warm in die kerkie.  Ons self is skuldig aan die feit dat ons soms kerk mis juis omdat dit te warm is om daar te sit.  Maar soos ons God leer ken, het Hy ons 'n duur les kom gee oor die aangeleentheid.  Ten spyte van die warm weer en als, en in hulle ongemaklike omstandighede, mis hulle nie kerk nie.

Meer as soms wil ons ons lewe so gemaklik as moontlik maak - veral die fisies, dat dit ons geestelik vernietig en ons blind maak van wat dit verg om vir Jesus te volg.







No comments:

Post a Comment