Thursday 1 October 2015

Suid Afrika sendelinge in Thailand hou saamtrek - 25-27 September 2015


Ons het mekaar se trane afgevee, saam gelag en stories vertel..............

Ons het ons eerste saamtrek van Suid Afrikaanse sendelinge werksaam hier in Thailand gehad.  Daar was mede sendelinge wat dit nie kon bywoon agv bedieningsverpligtinge wat nie geskuif kon word nie  en ander sendelinge het uitreik groepe by hulle gehad.  Ons bid nou vir ons volgende byeenkoms DV 2016.  Hierdie was ons eerste saamtrek en dit was gelooflik om te sien en beleef hoe God die bande tussen al die Suid Afrikaners nader trek.  Harte was gedeel, ons het mekaar se trane afgevee, saam gelag en stories vertel.  Maar die Geestelike konneksie was onbeskryflik.  Soveel gebede, hande vat en Woord deel was iets besonders.  Die Heilige Gees was alomteenwoordig die hele tyd.  Ons prys die Here dat Hy dit moontlik gemaak het vir die byeenkoms. 
 
Hier is n foto weergawe van die naweek se gebeure.
 
Vrydag aand
Naweek begin met n heerlike ysbreker ete by Auf der Au restaurant - Buffet ete van tradisionele Duitse kos.

 

Saterdag:
Heerlik saam gekuier om die braaivleis vuur en laat aand het die kanni dooders die springbokke aangemoedig.
 
 

  Johannes 17:3

Andre was ons Blou Bul braai koning....


 

Sarah en Flip is bobaas braaibroodjie makers.

  Handelinge 2:44
 
 
 Saam kuier
 


 
 
 
 
En toe eet ons en kuier verder saam
 


 
 1 Korintiers 12:26









Penny het ons bederf met Melktert, Wortelkoek en Malva poeding



Springbokke / Samoa wedstryd



Sondag oggend het Richard Woord gebring en het ons saam gebid, gedeel, gesing en gejuig voor Hom wat ons vooruitgaan hier in Thailand.

1 Timoteus 6:12





 

Brunch gekompineer met 'oorskiet'
 


 

 
Sondag aand het ons die uitreik span van Ellen en Johan Oosthuizen uit Suid Afrika gaan groet en n tydjie saam met hulle spandeer.



Maandag was groet tyd gewees - dankie ds Richard en Louise Verrynne vir julle onskatbare input die naweek.

 

Besoekers vir die naweek was Richard & Louise Verryne - Flip Coetzee - Shellyn Butterworth, Sara Boon Janneman Muller en Willem Nel



Suid Afrikanse sendelinge in Thailand.
Galasiers 6:10


 
DV volgende jaar 2016 maak ons weer so.............. ons vertrou dat die groep sal groei.

  
 
 

No comments:

Post a Comment