Thursday 1 October 2015

Frontida Outreach September 2015 Nuusbrief

 
Johannes 13:35 – “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is” . . . nou ja, net jammer dat ons “Christene” soveel verskeie en wye opinies het van wat Jesus hier werklik sê en bedoel.
 
Soos die tyd aangaan hier gaan ons nie net ook aan met ons werk hier nie, daar lewer elke dag en week iets besonders op wat maar net ‘n bewys is dat ons ‘n GROOT GOD dien.  ‘n ALMAGTIGE GOD.  By die twee gemeenskap skole waar ons Donderdae bedien, bedien Marina die kleuters tot so 11 jaar oud toe en ek die tieners.  So kan ons “amper” die hele skool se kinders op een dag bedien.  Gepraat van my tieners, die verhoudinge wat gebou word is absoluut ‘n sëening van die Here af.  Hulle is so naief en begin nou lekker klets.  Hulle wil baie weet van die wêreld buite Thailand – so soekend.  Tydens een van my Saterdae groepie, nadat ek ‘n maand terug al vir elkeen ‘nThai  kinderbybel gegee het om te lees, sê die een outjie vir my op ‘n Saterdag – ““Abraham must have been a special father for what father will offer his son for his God” . . . in my gedagtes sê ek vir hom – “and you haven’t even read or heard about Jesus yet.”  Al wat ek toe vir hom gesê het was dat Abraham was ‘n besonderse man en ons sal by hom uitkom in tyd.  Ons het nou eers die Tuin van Eden behandel.
 
Ons Frontida kids groei ook te lekker.  Onderwysers van die skole waarby ons help bring nou al hul eie kinders na ons huis toe op ‘n Saterdag.  Ons is in afwagting oor wat God se plan is met dit. 

 
 
Joey (van Amerika) wat tans sy DTS by YWAM doen het een naweek by ons kom kuier.  Dit was lekker om die jongman by ons te kon hê.  Ons het heerlik geklets, stilte tyd saam geniet, bietjie tennis gespeel en stories gedeel.  Opwindend om te sien en hoor hoe God vir Joey voorberei vir sy roeping.  Prys die Here. Was ook lekker om n ekstra paar hande te hê om ons te help met die kindertjies.
 
Sewe onderwysers in die Sisaket provinsie gaan met aftrede einde September 2015.  Ons was bevoorreg om deur die Sisaket Onderwys Departement genooi te wees om hulle afskeids funksie by te woon.  As “buite staanders” het hulle ons gou tuis laat voel en daar was heerlik en aangename gekuier met al die gaste.
 
Ons het ook ons eerste saamtrek gehad van Suid Afrikaanse sendelinge werksaam hier in Thailand.  Daar was sendelinge wat dit nie kon bywoon agv bedieningsverpligtinge wat nie geskuif kon word nie.  Ander sendelinge het uitreik groepe by hulle gehad.  Ons bid nou al dat as God ons almal spaar dat Hy weer dit moontlik vir ons sal maak om weer so ‘n byeenkoms te kan hê volgende jaar.  Hierdie was ons eerste saamtrek en dit was gelooflik om te sien en beleef hoe God die bande tussen al die Suid Afrikaners nader trek.  Harte was gedeel.  Ons het mekaar se trane afgevee, saam gelag en stories vertel.  Maar die Geestelike konneksie was onbeskryflik.  Soveel gebede, hande vat en Woord deel was iets besonders.  Die Heilige Gees was alomteenwoordig die hele tyd.  Ons prys die Here dat Hy dit moontlik gemaak het vir die byeenkoms. 
 

Gebedsversoeke:
              Vrinne, ons vertrou nogsteeds op God vir die motor en groter bdienings ruimte wat ons benodig.   Ons sal julle gebede vir Sy guns en voorsiening regtig waardeer.
              Johann en Edna van Tonder kom die naweek van 3-6 Oktober vir ons kuier.  Bid asseblief vir hulle veilige reis en dat hulle ‘n genotvolle uitreik/kuier hier sal beleef.  Dit is albei van hulle se eerste besoek aan Thailand.

              Bid asseblief vir die kinders hier by ons wat so maklik vasgevang word in “Human Trafficking.”  Bid asseblief dat God hulle sal bewaar van die epidemie wat wêreldwyd maar ‘n GROOT probleem is.
Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder - FRONTIDA OUTREACH en ons blog –FRONTIDATHAILAND.BLOGSPOT.COM
Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.
Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik

Groete
Andre & Marina Olivier 
 
Bank Besonderhede:
Frontida                                              
Capitec Bank                                               
Spaar rekening1317286438                        
Takkode 470010
 
or for International Donations
 
Andre Olivier
Bangkok Bank Public Company Limited
Savings acc 4870604313
Swift code BKKBTHBK

No comments:

Post a Comment