Wednesday 14 October 2015

Frontida Outreach - Dringende gebedsversoeke - 14 Okober 2015


Tree asseblief saam met ons in gebed vir die volgende:



1.  Marina se erge lae rugpyn:

•Marina is gediagnoseer met degenerasie en n erge verskeurde rugspier inflamasie. Sy ontvang tans fisio en sterk medikasie. Opvolg besoek aan hospitaal is geskeduleer vir 20 Oktober 2015. Ons vertrou God vir spoedige volkome herstel.
•Marina het vandag n 'oop' gesprek met die fisioterapeut (Oi) gehad wat haar behandel.  Sy het ervaar dat daar n oop kanaal na hom toe is. Sy sal met haar volgende fisio behandel verder met hom praat en aan hom n Thai bybel oorhandig. Bid vir Oi dat hy ontvanklik sal wees vir die gesprek.


2.  YWAM Chillie Kids Camp- 23-25 Oktober 2015 in Nong Kap Kar by Prik Ki Nu kampeer terrein:

•Ons beplan om ten minste 10 van ons Frontida Kids/Teens/Skoolkinders saam te neem, na die kamp.
•Tema van die kamp is - 'To know who God is and what He is. To know your identity and freedom to know God'
•Sover het 2 ouers reeds skriftelike toestemming vir hulle kinders (Noy & Nokkow) gegee dat hulle die kamp mag bywoon en het n onderwyseres (Wat) van Bankhlo skool  het ook aangedui dat sy die kamp wil bywoon om ons te help.
•Ons is met opgewonde harte in afwagting oor wat God gaan doen tydens die 3 dae kamp.
Bid saam dat hierdie kamp n groot geestelike deurbraak sal wees.


3. YWAM UBON uitreik na Kanthararom
26-31 Oktober 2015:
•5 YWAM spanlede kom hande vat met ons vir 6dae hier in Kanthararom
Bid saam dat daar groot geestelike inpak in Kanthararom gemaak sal word deur die uitleef van Jesus Liefde gedurende die 6dae.

Matteus 21:2
'Om heeltemal op God te vertrou gee krag aan jou gebed. Bid met daardie vertroue en God sal vir jou gee wat jy vra, of dit iets kleins of iets groots is.'

No comments:

Post a Comment