Monday 29 June 2015

Nuusbrief Junie 2015


Liefste vrinne

Nou ja, die groot nuus nou in die rondte is natuurlik die wettigheid van homoseksuele huwelike in Amerika.   Net vir die rekord, Frontida Outreach staan vir ‘n huwelik tussen een man en een vrou soos deur God ingestel.

Ons raak lekker bedrywig nou hier in ons geweste.   Soveel onbereiktes wat bereik word met die liefde van Jesus.   God het vir ons deure oopgemaak by twee plaaslike gemeenskap skole hier in Kanthararom.   Bankamneam skool en BanKhlo skool is die twee skole se name.   Daar is so vyf honderd kinders in die twee skole saam.   Elke Donderdag het ons vier ure om “klas te gee” by die skole.   Dit beteken ek en Marina  is elke tweede Donderdag by ‘n skool.   Die ouderdomsgroepe van die kinders wissel van 7 – 15 jaar oud.   Maar die wonderlike nuus van dit is dat beide skoolhoofde ons vrye toegang gegee het om die kinders van Jesus te vertel.   Prys die Here vir hierdie voorreg wat ons het.

 
Die maandelikse besoeke na “Jan” (mede SA burger) in een van die tronke in Bangkok is ook ‘n getuienis op sy eie.   “Jan” het nog 19 jaar tronkstraf om uit te dien en is tans 46 jaar oud.   Ek het baie respek vir “Jan.”   Hy is tans in sy derde jaar om Teologie te studeer en God gebruik “Jan” om Sy Koninkryk uit te bou in die gevangenis op die ongelooflikste maniere denkbaar.   “Jan” se studies is beperk wat navorsings materiaal betref (Thai tronke is maar streng vir toelating van boeke ens) en ten spyte van dit, kry hy nogsteeds bogemiddelde punte op sy take.   Ons prys die Here vir “Jan” se ongelooflike werk en passie om die Evangelie in die tronk te versprei.  Hy is voorwaar n inspirasie vir leuse  ‘Blom waar God jou plant’.



Die YWAM Ubon  span het twee weke gelede die Saterdag Frontida Kidz kom bedien met speletjies en sang.   Ons het dit geheim gehou vir al die kinders en hulle was so opgewonde toe die YWAM span opdaag.   Vir drie ure lank was daar gespeel en Geestelike kinderliedjies geleer.   Die kinders (en ons) het soveel pret gehad.  
Verlede Saterdag het die kinders weer die liedjies gesing en heeldag geneurie  soos ons aangaan met die klassies.   Ons weet en voel die werking van die Heilige Gees tussen die kinders.   Ons moet net volhard om hulle te bedien met die liefde van Jesus


.
Ek het laas Saterdag aan die tienergroepie waarby ek betrokke is  elkeen n Thai “kinder”  Bybel oorhandig.  Hulle was so angstig om te begin lees en kon nie wag vir die klastyd om verby te gaan nie.  Ek beleef elke week hoe hierdie ‘groen koring’ ryp word.

 
Oor twee weke kom Charisse en ZiggyLe Roux van die Paarl  vir ‘n paar dae na ons toe op n uitreik.   Ons is opgewonde om weer bietjie van ons “eie mense” te sien en mee te “fellowship.”


 
Aan die einde van Julie woon ons  YWAM se twee jaarlikse Thai konferensie in Hua Hin by.   Die konferensie is 4 dae lank.   Ons sien uit na die konferensie waar almal “fellowship” en metodes, gedagtes en idees uitruil oor alle manier hoe om die Evangelie na die onbereiktes te neem.   Ons prys die Here vir wat gaan gebeur by die konferensie.


Gebedsversoeke:
•         Vrinne, ons vertrou nogsteeds op God vir die motor wat ons benodig en vir die verbetering aan ons huisie hier in Kanthararom.   Ons sal julle gebede vir Sy guns en voorsiening regtig waardeer.
•         Bid asseblief vir die moontlikheid om nog aanskaffing van speelgoed en opleidingsmateriaal wat ons vir die kinders kan gebruik.   Huidiglik is die ouderdomsgroep gemiddeld tussen 7-10jaar oud.
•         Bid vir Ziggy en Charisse Le Roux se uitreik na Thailand.
•         Bid asseblief vir die YWAM se twee jaarlikse konferensie einde Julie.   Bid dat die Heilige Gees elkeen teenwoordig sal vul met insig, krag enwysheid. Bid ook saam met ons  vir  voorsiening.

Julle is my en Marina se ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons twee in staatstel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.  

Indien julle finansiële ondersteuning wil maak tot ons bediening,  kan julle van een van die twee onderstaande bankbesonderhede gebruik maak   
                                        
Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.

Groete
ANDRé & MARINA OLIVIER

Frontida
Capitec Bank
Spaar rek: 1317286438
Takkode:  470010
of
Andre Olivier
Bangkok Bank
Spaar rek: 4870604313
Swift kode ;  BKKBTHBK

No comments:

Post a Comment