Tuesday 2 June 2015

FrontidaOutreach - nuusbrief Mei 2015


 Liefste vrinne,

 Johannes 13:34-35: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhe. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” . . . . Weet ALMAL, en kan ALMAL sien en ervaar dat jy ‘n dissipel van Jesus is?

Kan nie glo dit is al die middel van die jaar is nie. Deesdae voel dit of tyd vinniger vlieg. Nietemin, so kom daar ook vele nuwe uitreik/evangelisasie geleenthede ‘aangevlieg’ na ons toe. Ons loof en prys die Here daarvoor. Ons kinderbediening is regtig ‘n plesier. Om elke week ‘n nuwe teksvers met hulle te deel op verskeie maniere is voorwaar sielsverrykend. En natuurlik om te sien hoe die kinders dit ook geniet bring net vreugde in ons harte. Ons het 35 woelwaters en weet in God se tyd sal nog meer aansluit. Bid asseblief saam met ons en dank God vir die groot voorreg wat ons het om die Evangelie en Sy liefde te kan uitdra na hulle toe. Bid asseblief vir Geestelike wysheid en insig wat ons inploeg in die weeklikse aktiwiteitsprogram wat ons voorberei.


Die kinders het begin om die Thai kinderbybels wat ons uitgee te lees. Hulle is baie opgewonde en lees met baie entosiasme en nuuskierigheid daaraan. Die tekenprent weergawe is voorwaar ‘n treffer en lok baie aandag. Dankie aan die wat goedhartig bygedra het om die eerste fase van die kinderbybel projek moontlik te kon maak. Ons glo en vertrou dat die volgende fase vir aanskaffing van die Thai kinderbybels binnekort sal geskied. Ons sal julle op hoogte hou.


Ons prys die Here dat Hy vir ons die materiaal voorsien het om ‘n sementblad agter in ons erf te kon gooi. Ons het self die arbeid behartig met die hulp van Somai (‘n Thai vriend). Die spasie word gebruik vir die kinders as ‘n speel/klaskamer want ons het ekstra spasie nodig om hulle te akkommodeer. Bid asseblief saam met ons dat God vir ons spoedig ‘n dak sal voorsien om op te sit vir beskerming teen die son en monsoon rëens wat oppad is.


Ons het opleiding ontvang in “Human Trafficking Awareness”. Dit is iets wat op ons harte lê om meer betrokke te raak daarmee in ons streek. Om die gemeenskap meer intens bewus te maak van die gevare daarvan is vir ons belangrik. Ons werk aan ‘n uitvoerings plan om by die skole en villages uit te kom om die erns van die saak met die gemeenskap te bespreek en in te lig. Meer as 75% van alle individue wat gebruik word in “Human Trafficking” in Thailand kom van die Isaan (ons) streek af. Hoofrede waarom die betrokkenheid van Isaan mense so hoog is word toegeskryf aan die armoede wat erger raak hier. Thailand is een van die lande waar mensehandel die hoogste voorkom. Bid asseblief saam met ons dat God vir ons die deure sal oopmaak om die skole en gemeenskappe te bereik om hulle bewus te kan maak van die groot epidemie wat wêreldwyd ook ‘n probleem is. Hierdie is ook n wonderlik geleentheid en manier om Jesus Liefde te deel.


Verder gaan dit baie goed met ons. Ons is gesond, lewenslustig, dankbaar en werklik gesëend om in ‘n bevoorregte possissie te wees om Jesus se Lig en Liefde te kan uitleef en uitdra aan die onbereiktes hier in Kanthararom (Isaan streek van Thailand). Soms raak ons ongeduldig as ons “nou” iets wil doen en God sê nee. Ons leer elke dag dat Sy tyd is nie ons tyd nie . . . maar God verstaan.

Nog Gebedsversoeke:
• Vrinne, ons vertrou nogsteeds op God vir die motor wat ons benodig. Ons sal julle gebede vir Sy guns en voorsiening regtig waardeer.
• Bid asseblief vir die moontlikheid om nog aanskaffing van speelgoed en opleidingsmateriaal wat ons vir die kinders kan gebruik. Huidiglik is die ouderdomsgroep gemiddeld 10jaar oud.

Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder - FRONTIDA OUTREACH en ons blog –FRONTIDATHAILAND.BLOGSPOT.COM

Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed. Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand. Indien julle finansiële ondersteuning vir ons bediening wil doen, kan julle van die onderstaande bankbesonderhede gebruik maak.

Bank: Capitec Bank (Frontida)
Rekening Nr: 1317286438 (Spaar)
Tak Kode: 470010

Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.

Groete
Andre & Marina Olivier
frontidaoutreach@gmail.com
frontidathailand.blogspot.com

No comments:

Post a Comment