Thursday 10 May 2018

10 Mei 2018 - God is By Ons

Johannes 1:14
 
“En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.”
 
 
Dit kan moeilik wees om 'n duidelike beeld te kry van hoe God is, veral met al die abstrakte terme wat ons gebruik om Hom te beskryf. Terme soos onsigbaar, alwetend, alomteenwoordigend, almagtig is maar net ‘n paar om te noem. Maar in Jesus verdwyn al die abstrakte en skielik is God hier. Hy loop rond in die stof met sandale op sy voete, eet etes en gaan woon troues by. Jesus het geween, gelag, geslaap en selfs in argumente betrokke geraak. Hy is regtig “GOD BY ONS.”
 

Wanneer Johannes sê, ". . . ons het Sy heerlikheid aanskou . . .", beteken dit nie hulle het in boeke na prentjies gaan soek en uitgeknip nie. Johannes sê: "Ons het in die straat met God se glorie geloop.” Hy het gepraat en ons is deur Sy woorde en teenwoordigheid verander. Ons het dit nie voorgestel nie, ons het dit gehoor, gesien en beleef”


Maar wat het hulle gesien?  Hoe lyk God se glorie?
Dit lyk soos 'n baba wat in 'n krip gebore is. Dit het gelyk soos 'n man wat dalk geensins of besonders aantreklik gelyk het, dalk kort of lank was, ongeag, hy het 'n groep van volgelinge gehad wat saam met Hom in Israel rondgedwaal het.  Dit het gelyk soos armoede, verwerping, vernedering en uiteindelik die dood. Dit was gewis nie wat almal verwag het nie.  


Dit is ook nie wat ons verwag nie. Maar God was en is nog nooit beperk deur wat mense verwag nie. Sy hart vir die wêreld is groter as wat ons kan voorstel - so groot dat Hy opgetree het om die sondeprobleem wat ons vir onsself geskep het, uit te sorteer. Hy het opgetree omdat Hy liefgehad het. Hy het opgetree deur die onverwagte, ondenkbare daad te laat gebeur waar God sy Seun gestuur het om vir ons (sondes en redding) te sterf.

God stuur voortdurend Sy mense om die onverwagte, onvoorspelbare dinge deur Hom te doen. Hy vra niks meer van Sy volgelinge as wat Hy self vir ons gedoen het nie.

No comments:

Post a Comment