Sunday 23 September 2018

Rusoord Plumstead 19 September 2018

Rusoord, 'n NG Kerk aftreeoord in Plumstead was ons volgende stop.  Sulke dierbare mense met 'n hart vir sending en die verlorenes was so oorweldigend vir ons.  Hul deelname en belangstelling in wat ons doen in Thailand is 'n seen vir ons.  Ons kon deel wat ons daar doen en hoe ons dit doen en soveel vrae was gevra soos hulle meer blootgesteld was van Thailand.




Ons moes vroeg oggend die pad gevat het na Plumstead want ons was nie seker wat die oggend verkeer sou maak nie.  Dus was ons twee ure voor die tyd alreeds daar in die omgewing maar het toe 'n koffie gaan geniet voor ons Rusoord toe gery het.










No comments:

Post a Comment