Sunday 3 May 2015


Liefste vrinne,


Billy Graham said: “We are holding a light.   We are to let it shine.   Though it may seem but a twinkle candle in a world of blackness, it is ur business to let it shine.   Light dispels darkness, and it attracts people in darkness to it.”

Nou ja, ons het ‘n bedrywige April maand gehad.   Ons is die Here dankbaar vir die besige tye – en die ander tye natuurlik.   Eerstens het ‘n vriend van ons, August Zerwick van Secunda vir ons kom kuier.   August was in Bangkok vir besigheid en het al die pad van Bangkok af vir ons kom kuier.   Dit was regtig ‘n voorreg en ‘n plesier om hom hier aan huis te kon hê vir ‘n paar dae.

Na August se besoek het Lizel Alfonso van die Filippyne ook vir drie dae by ons kom kuier.   Lizel is betrokke by YWAM in Ubon Ratchathani.   Eintlik het sy kom “rus”.   Soms raak mens maar “Geestelik moeg” hier in Thailand (soos op enige ander plek in die wêreld) en dan wil jy vir ‘n paar dae net ontspan.    Die Here het haar hier na ons toe gestuur waarvoor ons baie dankbaar is.   Ons het heerlik gesels, speletjies gespeel en gelooflike Geesvervulde stilte tye beleef.   Sy was hier tydens Marina se verjaardag so dit was baie spesiaal gewees.

Marina het ook ‘n Geesvervulde tyd saam met Seline Kasner in Bangkok gehad vir so vyf dae.   Seline was hier op sake besoek en Marina het haar gaan ondersteun tydens haar besoek.   Saam het hulle ook elke dag Evangelisasie werk gedoen in die strate van Bangkok en wonderlike getuienisse het hier uit gekom.   Soms verstaan ons nie hoe God werk nie maar al wat ons hoef te weet is – Hy Werk op die ongelooflikste tye en plekke.   Ons moet maar net gehoorsaam wees in Sy opdragte.

          
  
 
 
Ek en ‘n vriend van my, Somai, is tans besig om ‘n sementblad agter in ons erf te gooi.   Die oppervlakte is 16 x 3 meter groot.   Ons doen dit om spasie te bekom vir Frontida Kids wat al so ver uitgebrei het dat spasie vir ons ‘n probleem is.   Ons vertrou die Here vir ‘n afdak wat nog moet opkom later.   Die kinders gaan die spasie geniet . . . en ons ook.


Die komende maand moet ek (Andre) Bangkok toe gaan om vir “Jan (skuilnaam)” van Suid Afrika wat in die tronk is te besoek.   Julle kan onthou van sy storie wat ons gedeel het in die vorige nuusbrief.   Ek sien uit na die besoek en vertrou die Here vir ‘n gelooflike tyd wat ons saam sal hê.

Skool vakansie is amper verby.   Die kinders was gemiddeld drie keer ‘n week by ons tydens die vakansie.   Oor twee weke is dit weer terug na Saterdae.   Ons gaan die “extra tye saam mis.”   En ter inligting, ons het nog vyf en twintig kinders bygekry.   Wat ‘n wonderlike God dien ons nie!!!   Ons het uitdagings wat voorlê maar ons vertrou en weet God sal ons hierdeur dra om al die kinders te kan hanteer.

    

 
 
Gebedsversoeke:


·         Vrinne, ons vertrou nogsteeds op God vir die motor wat ons benodig.   Ons sal julle gebede vir Sy guns en voorsiening regtig waardeer.

·         Bid asseblief vir ons bouprojek wat ons nou self doen.   Bid vir lyding van hoe om alles presies reg te doen.   So ver gaan dit goed. Ons vertrou op voorsien vir alles wat ons nodig gaan hê.

·         Bid asseblief vir ons gesondheid.  

Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand   Indien julle finansiële ondersteuning vir ons bediening wil doen, kan julle van die onderstaande bankbesonderhede gebruik maak.

 
Rekening Naam:         Frontida                                  

Bank:                           Capitec Bank                          

Rekening Nr:               1317286438                           

Tak Kode:                    470010                                               

Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.
 
Groete
Andre en Marina Olivier

No comments:

Post a Comment