Josua 1:9 ‘My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moeinie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan’
God voorsien ‘n motor . . .

Frontida Kids . . .

Makrud Skool . . .

Imagine Jeug Beweging . . .

Maandelikse Tronk bediening . . .
Met “Jan” en ‘Koos” gaan dit goed hier. Onder moeilike omstandighede gaan hulle goed aan. Marina het ook laas maand begin om uit te reik na twee dames (Me:M en Me:N). Marina voortaan ook maandeliks besoek aflê aan die twee dames en ‘n pad saam met hulle stap soos die Here dit wil hê.
Beskerming van kinders . . .
Ons het laas week ‘n vergadering gehad met verteenwoordigers van vyf plaaslike skole, twee kerke van Sisaket, plaaslike gemeenskapsleiers van Kanthararom om die erns van ‘n “Child Protection Program” aan hulle bekend te stel. Ons werk saam met “Ruamchatai4Ubon” (‘n divisie van Scandinavion Pentacostel Mission) om die program te loods. Die volgende stap is om individue op te lei om die program in die skole, villages en verder te implementeer en te monitor. Bid asseblief saam dat daar genoeg individue sal opstaan om die projek saam met ons aan te pak.
Gebedsversoeke:
- Bid asseblief vir die Child Protection Program om die impak wat dit alreeds hier in die Isaan het ook ‘n verdere impak sal hê in Kanthararom en omgewing.
- Bid asseblief vir die beplanning en befondsing van die Imagine Kids kamp vanaf 10-12 Desember 2016
- Bid asseblief vir die plaaslike kerke en leiers vir leiding, insig en wysheid van Heilige Gees van hoe om hulle gemeentes met die waarheid van die Woord van God te bedien.
Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder – Frontida Outreach
Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed. Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.
Kontak ons via Epos (frontidaoutreach@gmail.com) indien jy n finansiële bydrae vir ons bediening wil doen.
Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.
Liefde
André & Marina Olivier
No comments:
Post a Comment