Wednesday 2 September 2015

Frontida Outreach - nuusbrief Augustus 2015


Liefste vrinne,

Spreuke 22:6 – “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie” . . . dit is bemoedigende woorde wat God ons gegee het vir ons kinders hier in Kanthararom.
 
Augustus was ‘n bedrywige maand hier by ons.   Inteendeel vir die res van die jaar is ons program nogal besig.   Alle eer aan God ons Vader vir alles wat Hy op Frontida 0utreach se pad bring.  Ons is super opgewonde oor alles.

Ons het in Cha Am (Suide van Thailand) die twee-jaarlikse YWAM Nationale Konferensie bygewoon.  God het ons bederf om vele ander YWAM sendelinge te ontmoet wat op verskillende provinsies en dorpe in Thailand bedien.  Ons kon kontakte opbou, interaksie hê met sendelinge wat ook in kinderbedieninge staan sowel as om nuwe idees en leering te kon kry van verskeie genooide sprekers tydens die konferensie.  Maar die lekkerste van alles was om al die Suid Afrikaanse sendelinge betrokke by YWAM hier in Thailand te kon sien.  Natuurlik was dit ‘n fees om met almal te kuier en te kon ‘fellowship’.  Om elke dag net Engels en bietjie Thai te praat en dan vir vier dae solied suiwer “Afrikaans” te kon praat die hele dag was hemels gewees.  Daar was 12 Suid Afrikaners gewees.  Lekker gelag en gesels en vriendskapsbande verdiep.

 

Ons kinderbedieninge hier by die huis en by die twee gemeenskapskole groei al sterker en sterker.  Ons ervaar die verhoudinge wat gebou word raak vriendskappe met die onderwysers en die kinders se “openlikheid, eerlikheid en geselsies aanknoop” gebeur weekliks.  Baie vra word gevra oor Christenskap en so maak die deure oop vir die deel van die Evangelie.  God se tyd vir elke geselsie en uitreik is net gelooflik.  Alle eer aan Hom.

 

 

Ek en Marina het ook twee afsonderlike uitreike gedoen die maand.  Marina het die “Outreach Hospitality House” in Chiang Mai gaan beman/bestuur terwyl ek en Len du Preez  uitgereik het na Philip van Wyk, ‘n mede Suid Afrikaanse sendeling op Kho Payam eiland in die Araman see.  Philip werk onder die “Mokon Tribe” mense.  Ek en Marina het afsonderlik in hierdie tyd  albei gelooflike tye, insigte en openbaringe van God beleef vir ons bediening hier en Kanthararom.  Soms neem God jou weg uit jou “comfort zone” om nuwe openbaringe aan jou te bring.  Philip het ook ‘n kinderbediening daar op die eiland, ek kon heerlik deel, leer en vele nuwe insigte kry vir ons bedieninge hier in Kanthararom.


 Met “Jan” se besoeke in die tronk (Bangkok) gaan dit goed.  Die Here gebruik hom op ‘n gelooflike manier om ‘n kerk in die tronk op te bou.  Hulle is nou al meer as 20 mans wat elke oggend saam stilte tyd hou en Bybelstudie doen.  Dit gaan ook goed met “Jan” se Pastorale studies.  Ek het die voorreg om al sy kommunikasie rakende sy studies met Hebron Kollege in Suid Afrika te behartig.  “Jan” skryf per hand sy take uit, pos dit na my toe en ek “scan” dit in en epos dit aan Hebron.  Hebron stuur die terugvoer en punte via epos na my toe en ek druk dit uit en pos dit aan “Jan” weer.  Sy gesindheid, passie en opgewondenheid om God se kerk op te bou in die tronk is voorwaar ‘n inspirasie en voorbeeld vir ons.  Hy is beperk om “boeke” te ontvang vir lees en naslaan so ek “druk” boeke per hoofstuk uit en pos dit as ‘n brief vir hom.  So wys die Here verskeie maniere uit hoe om Geestelike materiaal by Sy seun uit te kry.  Alle eer aan die Here vir oop kananle.

Ons het ook op ‘n nuwe kerk afgekom in Sisaket stad.  Prys die Here vir dit.  Ons hetal van hulle eredienste begin bywoon en dit is gelooflik om die gemeente se liefde vir die Here te sien en te ervaar.  Ons het vir die jeug elkeen ‘n Thai kinderbybel geskenk en ook Geestelike materiaal voorsien vir hul Sondagskool klasse.  Ons sal by die gemeente inskakel met hulle weeklikse Bybelstudie en sien regtig uit daarna om n pad saam met die gemeente te stap waarvan die Here ons alreeds vooruit is.


Gebedsversoeke:

             Vrinne, ons vertrou nogsteeds op God vir die motor wat ons benodig.   Ons sal julle gebede vir Sy guns en voorsiening regtig waardeer.
             Bid asseblief vir die tieners hier in Thailand.  Hulle ervaar maar dieselfde “tiener lewe” soos enige ander land in die wereld met uitsondering van “immoraliteit’ wat maar heers as gevolg van hul geloof wat dit toelaat.  Ons het vele getuienisse om te deel oor bg oor hoe God aan die werk is met die tieners maar het julle gebede nodig vir hulle.

Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder - FRONTIDA OUTREACH
 

Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand. 
 
Indien julle finansiële ondersteuning vir ons bediening wil doen, kan julle van een van die  onderstaande bankbesonderhede gebruik maak.

Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik

Groete
Andre & Marina Olivier

Bank details:

Frontida                                             
Capitec Bank                                              
Spaar rekening 1317286438                        
Tak kode 470010

Of vir Internationale Donasies

Andre Olivier
Bangkok Bank Public Company Limited
Savings account 4870604313
Swift code BKKBTHBK

No comments:

Post a Comment