Monday 16 May 2016

Terug in Kanthararom na n wonderlike tuisbesoek in Suid Afrika -



Daar is ‘n spreekwoord wat sê ‘alle goeie dinge kom tot ‘n einde’.  Wel, Frontida Outreach glo nie daaraan nie.  Ons sê eerder dat alle goeie dinge kom nooit tot einde nie, sommiges word net weer later hervat.

Ons wil graag vir ieder en elk van julle dankie sê dat julle ons onlangse tuisbesoek in Suid Afrika so wonderlik gemaak het.  Dankie vir al die bederf, die lekker gesels en vriendskappe wat dieper in gebou is.  Dankie ook vir nuwe vriende waar ons ook na uitsien om met julle ook ‘n pad te stap.  Dankie vir al julle liefde, gebede, omgee, barmhartigheid  en ondersteuning vir Frontida Outreach  en sy bedieninge.  Ons is elkeen van julle vir ewig dankbaar.  Die goeie gaan voort in ons harte en gedagtes en ons hervat  weer die geselsies en kuier op ‘n volgende tuisbesoek .

Ons is alreeds weer aan die gang hier in Kanthararom ten spyte van die erge hittegolf wat tans in Thailand ervaar word.  Dit is blykbaar die ergste hittegolf in 65 jaar.  Maar die Here gee vir ons krag, insig en wysheid om verby dit te kyk en te werk. 

Ons sien vreeslik uit na die uitreik span van Bergsig Gemeente  (Durbanville) wat einde Junie kom kuier en werk hier.  Hulle is ook amptelik die eerste uitreikspan wat in Ban Frontida, ons bedieningshuis, sal tuis gaan.   Eerskomende Vrydag aand wei ons alreeds Ban Frontida in saam met ons gemeente  met ‘n “Praise & Worship” geleentheid.  Ons weet  Heilige Gees sal die klanke en Woorde van ons Hemelse Vader die strate van Kanthararom laat deursuis.

Die nuwe skooljaar (2559) hier het Maandag, 16 Mei, amptelik begin.  Ons Frontida Kids het elkeen sommer sentimeters gegroei in die tydjie wat ons weg was.  Die spulletjie raak nou groot en daar was baie opgewondenheid tussen ons om mekaar weer te sien. Die weersiens  viering  het ook sommer  gedien om Earn se verjaarsdag te vier met n lekker saam koeldrank en roomys  drink/eet  geleentheid. Ons dank Vader vir die veilig bewaring van elke kind tydens ons afwesigheid.

Donderweer steek bietjie hier op en is dit nou wys om vereers  die rekenaar aft e sit.

Ons gesels weer later.

Groete

André & Marina Olivier
(Frontida Outreach)

No comments:

Post a Comment