Monday 27 July 2015

Frontida Outreach- nuusbrief Julie 2015



Liewe vriende

Jesaja 30:21 – Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ‘n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs”  Nou ja, ons leer in die Bybel dat ons God moet ken in al ons weë.   So maklik om ons eie paaie te volg.

Twee jaar terug die tyd was ons hier in Kanthararom gewees op ‘n gebedsuitreik.   Dit was hier en in die tyd dat God vir ons Sy stem duidelik laat hoor het dat Hy ons hier in die Isaan streek  wil gebruik.   Ons is so bevoorreg en opgewonde dat God ons na Kanthararom, Sisaket geroep het.  En hoe ironies – dit het ook gereën tydens daardie uitreik, net soos dit nou hier reën.   Is God nie “gelooflik” nie.  

 
Hier staan ons 29 Julie 2013 voor Kanthararom se half geboude kerk, 6 maande later  (Januarie 2014) het ons ons eerste diens daar by gewoon. 

Sedert ons hier is het Hy ons met soveel vreugde en seëninge bederf met ons bediening hier.   Ons reik weekliks uit na 250 kinders, n groep tieners, 2 groepe volwassenes en ‘n hele klompie individue.   Soms voel dit of die werk te veel is en ons het net twee hande elk . . . maar as ons Sy hande raaksien op die mense se gesigte en hulle harte aanvoel, kan ons nie anders voel soos arende wat hoog sweef nie.



Ons is in geloof oppad na Hua Hin toe vir YWAM se twee jaarlikse nasionale konferensie.   Ons is opgewonde oor wat die Here met ons gaan deel tydens die konferensie.  Ons sien ook vreeslik uit daarna om ons mede Suid Afrikaanse YWAM maatjies  weer te sien.   Tydens die konferensie deel YWAM hul visie vir Thailand (vir die volgende twee jaar) en almal “fellowship” met mekaar en deel, bou verhoudinge en vat hande saam om elkeen se plek en funksie in die visie raak te sien (onder jou eie bediening).  Ons sal ook  deel vorm van die gebedsgroep wat 24 uur voor die begin van die konferensie sal intree in gebed en ‘worship’ vir die konferensie.

Dit gaan goed by die twee skole (Bankamneam en Bang Khlo) waar ons weekliks uitreik na die kinders en onderwysers.  Ons deel die evangelie deur midel van die engels waarmee ons die kinders help.  Die onderwysers by Ban Khlo skool vra elke keer afskrifte van ons lesse en sodoende word die boodskap nog verder verspei as wat ons dit fisies kan doen.  Ons loof die Here hiervoor. Die twee gemeenskappe ontvang ons met ope arms en ons prys die Here vir die deure wat Hy oopgemaak het.   Dit bring ook die “kind” wees uit ons uit.    Maar om eerlik te wees – hulle (die kinders) put mens uit – al is hulle so dierbaar.   Ons het alle respek en agting vir onderwysers regoor die wêreld.   Onderwysers het ‘n groter taak en verantwoordelikheid  wat verrig moet word.










Die tiener groep wat ons  op n Saterdag middag bedien,  vra baie direkte vrae oor Christenskap. Interesant om hulle seining te hoor oor die lewe en die ontstaan daarvan.  Dit is vir ons n wonderlike voorreg om die waarheid oor oa die skepping met hulle te kan deel.  Ons weet dat God groot dinge beplan deur hierdie spesifieke groepie van 7 tieners.

Ziggy en Charisse Le Roux van die Paarl het hier by ons kom kuier/uitreik vir twee dae.   Dit was werklikwaar ‘n geseënde en kosbare besoek.   Dierbare mense.   Ons het hulle die skole gewys en hulle het vir die onderwysers en kinders gebid en bedien.  Charisse het spesifiek, ten aanskoue van n hele paar kindertjies, vir een van die onderwyseresse gebid wat n rugbesering het.  Sy het onmiddellik verligting van pyn ervaar en ook so getuig aan almal daar rond.  Sy getuig nog steeds van pynverligting. Ons loof God vir hierdie deurbraak en gebruik haar nou as aanknopings punt tot die res van die onderwysers by Bankamneam skool. Alle eer aan God. Daar was ook tyd gewees om saam met YWAM te kon lofprys en aanbidding doen en ook Kanthararom omgewing te kon sien en beleef.  Die bonus was natuurlik dat hulle met my (André) se verjaarsdag hier by ons kon wees.   Altyd lekker as “ons eie mense” kom kuier.  Wanneer kom jy kuier/uitreik hier by ons?


 

Ons het die afgelope maand bevriend geraak met twee mede gelowiges van Pakistan (deur YWAM) en is ons opgeownde oor die pad wat God vir ons saam met hulle beplan.  God het reeds vir ons n deur in Pakistan oop gemaak in September 2013.  Dit voed ons om direkte kontak te hê met mede gelowiges uit lande waar  die omstandigehede anders is as waaraan ons gewoont is. Ek verwys hier na anders interme van anders as in Thailand. Ons sal vir die volgende 6 maande n pad saam met Haroon en Emmanuel stap voor hulle weer terugkeer na Pakistan.


Marina het n onderonsie met n skerpioen gehad,  sy het vroeg oggend in die kombuis op die meneertjie getrap.  Was nie n baie aangename ondervinding vir haar nie, maar gelukkig kon ek haar binne 15minute by die hospitaal besorg vir die nodige inspuitings en medikasie.   Sy kon  48uur later weer 100% normaal op haar voet trap en loop.  Dankie vir elkeen wat saam gebid het vir haar herstel. Ons loof God vir Sy spoedige volkome herstel.
 
Ons het laasweek ons eerste ‘kennismaking’ met immigrasie beamptes gehad  hier in Kanthararom in ons enigte koffiewinkel. Die beamptes het 3 mense van Kambodja vergesel en wou duidelik net n bietjie ‘mag’ ten toonstel. Hulle het ons gevra om ons stempel te wys dat ons wettig in Thailand is.  Gelukkig kon ons met n gesindheid van Jesus al hulle vrae beantwoord en die nodige dokumente wys.

Gebedsversoeke:
·         Ons vertrou nogsteeds op God vir die motor wat ons benodig en vir die verdere verbeterings aan ons huisie.   Ons is in afwagting op dit wat God gaan voorsien in Sy perfekte tyd.
·         Behoefte vir nog aanskaffing van speelgoed en opleidingsmateriaal wat ons vir die kinders kan gebruik.  
·         YWAM  konferensie en vir ons veiligheid tydens ons reis na Hua Hin.  Bid ook dat die Heilige Gees elkeen teenwoordig sal vul met insig, krag en wysheid.




Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.   Indien julle finansiële ondersteuning vir ons bediening wil doen, kan julle van die onderstaande bankbesonderhede gebruik maak. 

Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.

Groete
Andre & Marina Olivier
(frontidaoutreach@gmail.com)

Bank besonderhede:
Frontida                                             
Capitec Bank                                              
Spaar rekening 1317286438                        
Takkode 470010
of vir Internationale Donasies
Andre Olivier
Bangkok Bank
Spaar rekening 4870604313
Swift kode BKKBTHBK

No comments:

Post a Comment