Monday, 19 November 2018

Paarl Vallei uitreik 14 November 2018 - Kanthararom

 
Paarl Vallei Gemeente het 13 -16 November 2018  kom uitreik hier by Frontida Outreach in Kanthararom.  Ons is so dankbaar en het groot waardeering vir hulle harte, liefde en omgee vir Frontida en ook vir die gemeenskappe waarin ons werk.  Ons deel graag met julle hulle eie getuienisse van hulle tyd hier (met hul toestemming en uit die pen van Tilana Meyer Morkel) soos gedeel op PaarlVallei se Facebook blad.
 

Nelson Mandela het gesê:�“Safety and security don’t just happen, they are result of collective consensus and public investment. We owe our children, the most vulnerable citizens in our society, a life free of violence and fear.” Natuurlik het oud-President Mandela vanuit die Suid-Afrikaanse konteks gepraat, maar dit is net so waar in die res van die wêreld. Veral Thailand - waar kinders op (veral) die platteland ń groot teiken van mensehandel is. Marina vertel dat as hulle vir die kinders vra waarvoor hulle bang is dan antwoord hulle met dinge soos: “dat dit donker word en ek word gesteel”, “demone” en dat “ek nie wakker word nie”. Dit is die realiteit van hierdie kinders wat aan armoede en onreg uitgelewer is, veral in die dorpies waar daar baie voorvalle van hekse, mensehandel en dwelms is.


Só, is ons na ontbyt saam met Peter en die Oliviers (waar ons ook vir Peter gebid het) na die eerste skooltjie toe vir kinderbediening. Die skool sisterm val onder die Buddistiese wetgewing, en dit is Genade van Bo dat André en Marina ń oop deur het om by die skole betrokke te wees. Die Oliviers is op verskillende vlakke betrokke by die skool, en los diep liefdesspore. Die skool waarby hulle oor die afgelope paar jaar betrokke is, is onlangs as een van die top 10 plaasskole aangewys. Die skoolhoof en onderwyseresse besef wat die impak is wat hulle werk op die kinders en op die skole het. Marina is oortuig dat die grootste verskil is, dat hulle deur die liefde van Christus gedryf word!

Ons is na die eerste skooltjie toe, wat 26 kinders het, waar ons die storie van Jona vertel het, en ń lekker aktiwiteit met hulle gedoen het. Leané het die lessie aangebied en die Thai kinders is so ontvanklik, dat hulle na die storie oor Jona, dit met entoesiasme, in Thai, kon oorvertel.







Ons is dankbaar vir André en Marina, want hulle sal nou die saad wat geplant is verder water en kos gee, deur Jona se verhaal dieper te vat en vas te lê. Mag die Here die storie van Jona in die kinders se harte laat leef.


Die tweede skool is in Sisaket, waar daar so 46 kinders in die skool is. Dié skool is geleë in ń armer deel van die streek. André en Marina se betrokkenheid by die skool het onlangs eers begin, met die skuif van die skoolhoof vanaf die eerste na die tweede skool.

 

Daar is baie potensiaal by hierdie skool en ons bid dat die deure vir die Evangelie, vir liefde en genade sal aanhou oopgaan.





Vanuit ons gemeente en individue se bydraes kon ons vir elke kind ń pakkie opmaak met lekker eertgoedjies (2 min noodles, pakkies ontbytpap, ń lekkertjie, ń chippie ens), tandeborsel en tandepaste, twee Thai Bybelstories en ń melkie. Die kinders was uit hulle nate uit opgewonde oor die pakkies.


Later die aand na verfrissende smoothies en heerlike aandete, het ons lank gesels oor die waarde van kinderbediening. Dit val ons by dat by beide die kinderprojekte in Phuket, en Kanthararom, die kinders kop en skouers uitstaan bo die res van hulle klasmaats. Die onderwysers getuig daarvan en vra gereeld wat die geheim is. Die potensiaal wat ons deur Christus kan ontgin en benut hou eindelose waarde in vir dié kinders.

André en Marina is beide betrokke by die tronk in Bangkok, waar hulle veral ń pad stap met die Suid-Afrikaners wat hier in die tronk beland het. Hulle deel ongelooflike getuienisse oor bekering, hoop en versoening. Ons harte gaan uit vir hierdie mense wat in die tronk beland het weens desperaatheid, dwelms en onreg. Ons bid dat hulle uiteindelik weer met hulle gesinne kan versoen, dat hulle voete weer op Suid-Afrikaanse grond kan land. (Helfte van ons span bly aan na die ander huistoe is, en hulle gaan saam met André en Marina tronkbesoek doen!)

Paarl Vallei uitreik 13 November 2018- Kanthararom

Paarl Vallei Gemeente het 13 -16 November 2018  kom uitreik hier by Frontida Outreach in Kanthararom.  Ons is so dankbaar en het groot waardeering vir hulle harte, liefde en omgee vir Frontida en ook vir die gemeenskappe waarin ons werk.  Ons deel graag met julle hulle eie getuienisse van hulle tyd hier (met hul toestemming en uit die pen van Tilana Meyer Morkel) soos gedeel op PaarlVallei se Facebook blad.

  
Dit het gevoel asof ons so saam met die soon in Kanthararon aangekom het, waar André en Marina Olivier ons met oop arms en groot glimlagte ontvang. Met min, en rustelose, slaap het ons vol moed die nuwe dag, in die nuwe dorp aangepak. Die Oliviers het ons na die bedieningshuis geneem, waar ons vir die volgende paar aande slaap. Ons werk hier in Kanthararom ook met die emmer-sisteem vir die toilette, en voel sommer tuis.

Nadat ons tyd gehad het om te stort en vars aan te trek, het die Oliviers vir ons ń heerlike ontbyt gemaak - presies wat ons nodig gehad het om die dag vol entoesiasme aan te pak. Tydens ontbyt het hulle ook met ons die werk wat Frontida doen, gedeel. Deel daarvan is ook die storie van hoe hulle in Kanthararom opgeëindig het. Deur die deel van hulle storie, raak ons ook op ń baie klein skaal deel van die storie wat God deur hulle skryf.  


Na ontbyt is ons na hulle kerk toe, wat tans uit 14 lidmate bestaan. Ons ontmoet vir Tavisak en Khung, die pastoor en sy vrou (wat ook besig is met Bybelskool om ń pastoor te word!). Hulle deel hulle droom en visie vir die kerk en ons bid dat die gemeente ń baken van hoop in die gemeenskap sal word.


Ons hoor dat een van die lidmate van die gemeente skielik ń brein operasie moes kry, en ons ry om die man en sy gesin te gaan besoek. Die gesin bly in ń eenvoudige huisie, en hulle recycle vir inkomste. Die vrou, Joy, is ongeletterd en kan ook nie bestuur nie en maak ten volle staat op haar man. Haar hartseer was tasbaar, en ons kon niks anders doen as om vir haar ń stywe druk te gee en haar man aan die Here op te dra nie. Ons moet bieg dat ons loop met die moeilike vraag: wat is God se doel hiermee? Ons erken aan mekaar ook weer ons gebrokenheid, en deur die dag hou ons aan gesels oor hoe ons vir God raaksien, en hoe ons op God se uitkoms wag. Ons vra dat julle asb saam met ons bid vir Pi Joy (die man), Liam en hulle gesin in hierdie tyd.



Rondom middagete is ons pootuit en werk ons siesta tyd in. Laatmiddag is ons na die plaaslike mark toe waar ons vir Peter ontmoet. Peter het as katoliek groot geword, en praat uitstekend engels. Hy het vroeër in sy lewe klere verkoop, maar het besluit om eerder in sy stalletjie engels na skool vir kinders te leer. Hy maak grappies, en verwelkom ons met ń breë glimlag. Hy het saam met ons deur die mark gestap en vir ons verduidelik wat al die vreemde goed is wat ons nie herken nie.


Direk van die mark af is ons na Marina en André se huis toe waar hulle ons in hulle binnekamer verwelkom het. Ons het na die warm dag lekker onder die aircon gesit en geluister na getuienisse uit ons eie span, en Marina en André se storie. Ons het diep bewus geraak van die onregverdigheid en ongeregtigheid wat daar dikwels in die lewe is - soms deur ons eie keuses en toedoen, en soms net as gevolg van ander mense. Saam met hierdie bewustheid van ons gebroke wêreld, is ons ook diep bewus van God se genade wat saam met ons gaan.


Handelinge 20:24 leef vandag in ons harte: “Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak: dit is om die evangelie van God te verkondig”.

Sunday, 23 September 2018

Rusoord Plumstead 19 September 2018

Rusoord, 'n NG Kerk aftreeoord in Plumstead was ons volgende stop.  Sulke dierbare mense met 'n hart vir sending en die verlorenes was so oorweldigend vir ons.  Hul deelname en belangstelling in wat ons doen in Thailand is 'n seen vir ons.  Ons kon deel wat ons daar doen en hoe ons dit doen en soveel vrae was gevra soos hulle meer blootgesteld was van Thailand.




Ons moes vroeg oggend die pad gevat het na Plumstead want ons was nie seker wat die oggend verkeer sou maak nie.  Dus was ons twee ure voor die tyd alreeds daar in die omgewing maar het toe 'n koffie gaan geniet voor ons Rusoord toe gery het.










NG Plumstead - 16 September 2018

What a priviledge it has been to share the Word of God at the Dutch Reform Church, Plumstead Cape Town.  A small church with a big heart for missions; local and abroad.  We received and experienced so much love and joy from the minister and church members.  We felt so much at home with everyone - and why not, afterall we are all brothers and sisters in Christ.  One big family.  Scripture was from Matthew 21:1-11


Reverent Hannes Koegelenberg welcomed us to the congregation and we know this was a meeting and start of relationship building between ourselves and the church itself.









Sonja and her daughter are missionaries from Madagascer who were working there for more than 12 years already.  They recentley returned from Madagascer and it was such a honor to have met them.  Sonja's husband is still in Madagascer.  
And then we enjoyed a wonderful barbeque lunch wit some of the church members who invited us.  Their love and care for us was warmly felt and appreciated.  We had fun, tears and joy as we shared stories from all over.


A typical South African barbeque was amazing.  We ate and ate and ate and ate and ate . . . and ate more.



It was so wonderful and warm to hear all sorts of stories from the elders remebering their yout years and also from all the funny stuff they did and experienced.

 

 



DF Malan High School 12 September 2018

We were invited to share some word and encouragement regarding working as a Christian Missionary in Thailand at DF Malan High School, Bellville Cape Town.  What a blessed afternoon we had with teenagers who came to listen.  One could really feel and experience the hunger these children have for having a intimitate relationship with Jesus Christ our Lord and Savior.  It was overwhelming to experience the hunger for Jesus that these teenagers have and we also know now what influence their strong faith in God has towards the other kids from school.  We are looking forward to visit them again soon.



Thursday, 13 September 2018

Spes Bona - 9 Sepember 2018

Warm and kind hearted people always stay forever in your thoughts.  It was so special to visit Spes Bona Church and to share Word and our hearts for Thailand with the church.  In spite of the cold weather, warm hearts just blossomed the place up.  We are so grateful and blessed to have an opportunity to fellowship with Spes Bona Church.


 
Only God can bring peace, warmth and comfort to all of us.

 







It warms our hearts to see so many youth attending church - especially at the farm churches.



Attie van Wyk Laerskool 5 September 2018

Local is lekker . . . was baie lekker gewees om by Attie van Wyk Laerskool te kuier.  Was 'n voorreg om bietjie met van die kinders te kon deel dat dit die moeite werd is om op God te vertrou en jou lewe aan Hom toe te wy al voel dit soms of God van jou vergeet het of nie jou gebede aanhoor nie7.  Ons sien uit daarna om weer te kom kuier en meer saad te plant.



Die kinders is so gretig om te leer en te luister.